Categorieën
2021

Om een mens…

Een droge boterham, een boterham met kaas, een hele lunch, wat geef je iemand die honger heeft? Antjie Krog maakt het, thuis in Zuid-Afrika, vaak mee: iemand aan de deur die honger heeft. Ze geeft dan niet alleen eten. Ze geeft leven, adem, opstanding zelfs. Die ander, die komt om brood, helpt haar om toe te treden tot de wereld waaraan we allen deel hebben. Een gegeten wereld is een beminde wereld.
Je hoort hieronder eerst de – door mij ingesproken – Nederlandse vertaling. Daaronder vind je een link naar het Afrikaans origineel, voorgedragen door de dichter zelf.

(c) Roel

Een mens te eten geven – Antjie Krog (voorgelezen door Roel Bosch)

om ‘n mens kos te gee

The world as food is the world humanized. – Martin Versfeld

die toebroodjie en tee in my hande is die asemmaking van die wêreld
elkeen wat by my voordeur kom kos
vra    ontvreem my tot toetrede:

as die mes noukeurig botter tot in die broodkorsie
sprei het die driehoeksbroodjie my reeds ont-eng
‘n liggaam knie tussen honger en afgrond
‘n geëte wêreld is ‘n liefgehêde wêreld

botter is die naderbare wese van brood
brood rig hom tot skywe roomglippende avokado
tamaties sing onder die knars van sout en peper
lintjies krakerige spinasie ‘n krakeling roket

priemsels lemoenskil     ‘n druppel balsemiek
en die ware diep bariton van kaas
hoor hoe galm die onverslytbare sentrum van brood
    …aan mekaar voorgestel word die broodjie ‘n psalter

orn kos met gulheid te begelei is ‘n morele daad
die toebroodjievulsel wat nou sugsag in ‘n bakhand
stort    die beker rooi tee en boegoe –  dit alles boekstaaf
‘n breedgeurende verwante bywoord;       welbehae

die naelstring tussen jou en my en die wêreld
is die toebroodjie — brood en botter gee lig(gaam) af
botter openbaar die rossige brood    tamatie
die helderademende ui     op die sypaadjie eet jy

uit hongerte smag jy dalk drank    maar êrens
ook oorval deur die geur van diepgehegte aarde
:opstanding begin by die brood en die botter
en die man in die deur se mede-wêreldse mond

Uit: Medeweten, gedichten, p. 91, 93

Één reactie op “Om een mens…”

‘Voedsel in gulheid te wikkelen is een morele daad’. Ja, brood, daar zit wat in! Zo wordt dit spoken word ook food for thought. Baie dankie!

Reacties zijn gesloten.